Local newsNewsNews

Kleureprag langs (en op) die Vaalrivier

Kyk uit vir Kersliggies aan beide kante van die Vaalrivier hierdie Desember, en soms selfs 'n kleurvol verligte boot of twee

VANDERBIJLPARK – Die kinders het nuuskierig nader gestaan. Die Grinch het ook kom oë wys.

Die grote Kersboom se liggies het ook om 19:00 aangekom.

Die mense op die walle van die Vaalrivier by Stonehaven on Vaal se aandag was verdeeld tussen dit wat agter hulle gebeur en dit wat dalk aan die Vrystaatkant mag plaasvind.

Om 19:00 is die laaste sekondes afgetel en skielik was daar lig. Aan die anderkant van die rivier is huise en bome verlig met kleurvolle Kersliggies en aan die Gautengkant was Stonehaven skielik in wit feetjieliggies getooi.

‘n Mens knyp maar oë toe as die Grinch jou dogter is. Louise van Vuuren, Zirk Malan en Monique van Vuuren in die groen-pakkie.

Kort voor lank het daar ook ‘n boot of drie verby gevaar in kleurliggieprag. Intussen het die mense op die walle van die rivier die windstil aand geniet, terwyl kinders lustig op die gras baljaar het.

Die boot met ‘n magdom gekleurde liggies het ook ‘n draai kom maak.

Dit was soos ‘n woordlose aankondiging. Die jaar is verby, die vakansie en die Kersseisoen is nou amptelik hier.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button