Local newsNewsNews

Kleurvol soos ‘n kersboom

Die kleurpoeier het behoorlik gedwarrel en die draf-stappers goed toegestof.

VANDERBIJLPARK – Verlede Saterdag het oud en jonk die geleentheid gehad om bietjie die kind in hulle na vore te bring.

Voor van links na regs: Jannien Groenewald met Hayden op haar skoot en Rynhard Groenewald met Haylee Groenewald op sy skoot. Agter is Veronica en Henning Swart. Foto: Gerda Bruinette

Vir ‘n minimale bedrag kon deelnemers op ‘n kort stap/ draffie gaan rondom die minivliegveld by Frankie’s Family Inn.

Twee deelnemers word sommer met die intrapslag in geel gedoop. Foto: Gerda Bruinette

Elkeen was gewapen met sakkies kleurpoeier en nie een deelnemer het skoon teruggekeer nie.

Oral was kleur-wolke te sien en die wat hul verskyning gemaak het, het herinner aan kleurvolle kersbome in die feesgety.

Waldo en Miane Fourie maak op ‘n drafstappie klaar. Foto: Gerda Bruinette

Dit was Veronica Swart se verjaarsdag en haar kinders en kleinkinders het seker gemaak sy tree kleurvol uit die stryd. Daar is baie gelag en dit was duidelik almal het dit geniet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button