Local newsNewsNews
Pret en plesier by Ankerskool se Kersmark
Die Ankerskool se Kersfeesmark is altyd 'n hoogtepunt op die kalender. Hierdie jaar het hul nie teleurgestel nie.
VANDERBIJLPARK – Elke jaar sien die Vaaldriehoek uit na Ankerskool se Kersmark.

Hierdie jaar is dit op 29 en 30 November gehou en nie eens die hittegolf kon die entoesiasme demp nie.
Daar was ‘n veld vol stalletjies wat alles van gaar lamsosaties tot by handwerk artikels verkoop het.

Die skool se eie uitstalling het ook weer baie voete getrek. Die leerders en onderwysers werk dwarsdeur die jaar om te verseker dat slegs top gehalte braaiers, tuinstelle, kunswerke en fyngebak te koop sal wees.

Deur die loop van die twee dae het verskeie kunstenaars ook opgetree. Dit sluit die Vaal se Johnnie Takbok en Manie Jackson in.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
