Scallywag, skuimpartytjie gaan sorg vir groot pret
VEREENIGING - Hierdie Vrydagaand (13 Desember) het die Vereeniging Barnyard 'n vertoning deur die gewilde Scallywag! Maar wag daar is meer ... die vertoning gaan met 'n skuimpartytjie gekombineer word.
Die vertoning sal in die buite area plaasvind.
Valies wat nog nie weet wie Scallywag is nie, sal beslis haar nuutste treffer ken “I know you are scared”.
En as jy dit nog nie gehoor het nie, doen jouself ‘n guns en gaan luister dit op YouTube.
Charlene van Rooyen, beter bekend as DJ Scallywag, is in Brits gebore maar woon tans in Pretoria.
Sy het reeds ‘n voorliefde en die nodige talent vir musiek gehad sedert sy in die laerskool was.
Sy het as 16 jarige besluit dat dit haar loopbaan gaan wees en skouer aan die wiel gesit.
Sy het haar eie liedjies begin skryf en oral opgetree waar sy kon. Sy het hard gewerk vir die sukses wat sy tans in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf geniet.
Vrydagaand se pret begin reeds om 19:00 en die vertoning begin om 20:00. Toegang is slegs R100 per persoon.
Kaartjies kan by die Barnyard Vereeniging ontvangs gekoop word, of WhatsApp 0788611317 of 076 384 7926.

