Local newsNewsNews

Groot gedeeltes van VDBP weer sonder water

ELM se waterspan werk tans om lek te herstel

VANDERBIJLPARK – Verskeie waterlekke woed tans in die dorp. By die R57 afrit op Ravel Road stroom die water af in die rigting van Sasolburg.

In Moerdyk straat in SW5 is die straat ook onder water weens ‘n mangat wat vermoedelik oorstroom.

Om die gebarste hoofwatertoevoerpyplyn op die hoek William Nicolstraat en Dewarstraat te herstel is watertoevoer na verbruikers die SW, SE, CBD en CW areas afgesluit.

Volgens die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit is ’n waterspan uitgestuur om die omvang van die skade te bepaal en herstelwerk te begin.

Dit is nog onbekend wanneer die herstelwerk voltooi sal wees en wanneer die watertoevoer weer herstel sal word.

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button