Vaalpark krieketspelers presteer provinsiaal
Vier van Vaalpark Primêr se jong krieketspelers het kolwe opgetel vir twee Vrystaatspanne
VAALPARK – Dis lekker as daar drie klasmaats in een Vrystaat-krieketspan beland. As die spanafrigter boonop ‘n onderwyser van jou skool is, dan kan dit mos net goed gaan.
Faffa Derksen, Lehan Cronjé en Rohan Rossouw van Vaalpark Primêr is gekies om die Vrystaat in die Gauteng Beker o.11 Streektoernooi te verteenwoordig.

Die span se afrigter, Janneman van Dijk is ook van Vaalpark Primêr. Die span het van 30 November tot 3 Desember deelgeneem en uitstekend gevaar.
Die Vrystaatspan het egter in die finaal teen KZN verloor. Dis die eerste keer wat ‘n o.11 Vrystaatspan in die toernooi die finaal bereik.
Nog ‘n Vaalpark Primêr leerling wat uitblink in krieket is Henrico Cronjé. Hy is hierdie jaar vir die o13A Free State Kinghts gekies.
Teen die Dolphins het hy 27 lopies in 10 boulbeurte geslaan en een paaltjie ingeoes.
Teen KwaZulu-Natal Inland Black het Henrico ‘n skitterende 51 lopies van 62 balle geslaan en ‘n paaltjie geneem, terwyl hy in die wedstryd teen KwaZulu
