Local newsNewsNews

SA atletiek-legende word vereer

Jare se bydraes tot atletiek en veral spiesgooi word erken

SASOLBURG – ‘n Biblioteek van atletiekkennis het verlede week by die HTS Sasolburg ‘n draai gemaak tydens die jaarlikse Vrystaat Skole Atletiekafrigtersvereniging (VSAAV)
Afrigtingskursus wat daar plaasgevind het.

Die kursus is Maandagoggend amptelik met skriflesing en gebed deur mnr. Hendrik Coetsee, hoof van die HTS Sasolburg, geopen.

Terseus Liebenberg, ‘n wêreldbekende spiesgooi-afrigter, wat al dekades deel is van die afrigtingskursus is met ‘n Erkenning van Uitnemendheid vereer.

‘n Pragtige raam is deur die kursusleier Spanjool Wessels aan
hom oorhandig.

“Ek is gerattle. Ek het dit regtig nie verwag nie,” het ‘n beskeie Liebenberg na die oorhandiging gesê. Liebenberg is die afrigter van die Olimpiese Spiesgooier,
Jo-Ane van Dyk, wat onlangs ‘n silwermedalje by die Olimpiese Spele in Frankryk verwerf het. Hy het ook vir die spiesgooikampioene Marius Corbett en Sunette Viljoen afgerig.

Corbett het in 1997 Suid-Afrika se eerste goue medalje ooit by die Wêreldkampioenskap in Athene, Griekeland verwerf.

Viljoen het in 2016 ‘n silwermedalje in Rio de Janeiro by die Olimpiese Spele losgeslinger.

Corbett en Viljoen is tans steeds die SuidAfrikaanse rekordhouers met afstande van
88.75m en 69.35m.

Die Hoofafrigters by die Vrystaat Skole Atletiekafrigtersvereniging (VSAAV) Afrigtingskursus wat vroeër vandeesweek in Sasolburg
plaasgevind het. Voor van links is: Wilfred Sebotsa (middelafstande), Spanjool Wessels (kursusleier), Terseus Liebenberg (spiesgooi)
en Henk van Vuuren (voorsitter van Vrystaat Hoërskole Atletiek). Agter: Elizna Pretorius (diskus), Jan Ferreira (hoogspring), Jan Britz
(gewigstoot), Chane van Rensburg (verspring- en driesprong) en Charmaine du Toit (hekkies).

Liebenberg was ook in 2022 mede-afrigter van Arshad Nadeem van Pakistan wat die Statebondspele met ‘n afstand van 90.18m gewen het.

Hy was as konsultant deel van Arshad se Olimpiese-veldtog waar hy ‘n goue medalje verwerf het.

Met sy atlete wat 151 goue medaljes by die SA’s gewen het en 28 SA-rekords wat opgestel is, is dit geen verrassing dat hy in 2022 deur die Suid-Afrikaanse Atletiek Statistiek Vereniging aangewys is as SuidAfrika se suksesvolste afrigter sedert SA se hertoetrede tot internasionale sport.
‘n Ware lewende legende.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button