Local newsNewsNews

FBI help vermeende pedofiel in VDBP vas te trek

Staat gaan borgaansoeke teenstaan

VANDERBIJLPARK – ‘n Man (49) van Vanderbijlpark is een van die verdagtes wat Donderdag, 12 Desember deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), Amerikaanse Federale Speurdiens (FBI) en Departement vir Tuisland Sekuriteit vir seksuele misdrywe gearresteer is.

Die wetstoepassingsagentskappe het kragte saamgesnoer om nog ‘n verdagte in Pretoria, ‘n voormalige skoolhoof vas te trek wat glo onder meer seuns tussen die ouderdom van 10 aan 12 aan pornografie blootgestel en seksueel voorberei het. Volgens ‘n verklaring wat deur Luitenant Kolonel Amanda van Wyk op die SAPD se webtuiste uitgereik is, is drie slagoffers reeds geidentifiseer en ‘n verdere ses moet nog opgespoor word.

Die verdagte sal eersdaags in Pretoria in die hof verskyn.
Die 49-jarige verdagte wat daarvan verdink word dat hy sy vriendin se 15-jarige dogter verkrag en seksueel voorberei het, sal eerskomende Woensdag in Vanderbijlpark in die hof verskyn.

In beide arrestasies is daar op verskeie elektroniese toestelle beslag geneem wat vermoedelik kinderpornografie bevat.

Die taakspan wat die arrestasies gemaak het, het op ‘n wenk reageer wat op ‘n internasionale wenklyn deurgegee is. Volgens die verklaring gaan die staat in beide gevalle die verdagtes se borgaansoeke teenstaan.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button