Local newsNews

Jong man van Vaalpark erg beseer in botsing met trok

Zandré was die aand omstreeks 21:30 van sy werk in Vereeniging af op pad huis toe, toe die botsing op die R59-gedeelte by Vaalpark gebeur het.

 

VAALPARK. – Noodspanne moes verlede Woensdagaand sowat twee ure spook om ‘n erg beseerde jong man, Zandré van Wyk, uit die wrak van sy voertuig te bevry na ‘n botsing op die R59.
Hy lê tans met beenbreuke, ernstige beserings aan sy knieë, sowel as inwendige beserings in ‘n Bloemfonteinse hospitaal waar hy op ‘n operasie wag.

Volgens sy pa, mnr. André van Wyk, het Zandré op 3 Desember sy 27ste verjaardag gevier. Vreugde moes egter die volgende aand plek maak vir skok en kommer na die botsing tussen sy voertuig en ‘n trok.
Zandré was die aand omstreeks 21:30 van sy werk in Vereeniging af op pad huis toe, toe die botsing by Caltex op die R59-gedeelte by Vaalpark gebeur het. Hy was alleen in die voertuig. Nadat hy op die toneel gestabiliseer is, is hy na die Sasolburg-hospitaal vervoer en die volgende dag na die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein oorgeplaas.

“Albei sy bene en knieë is gebreek. Hy het verskeie snye en skrape opgedoen en het ook ‘n harde hou teen die lewer en kop gekry,” sê sy pa. “Hy het baie pyn en moet heeltyd op sy rug lê. Sy linkerbeen en -knieg is gespalk, maar dit lyk asof hy eers op 17 Desember geopereer sal kan word om sy regterbeen se gebreekte femur met ‘n pen te heg. Intussen doen ons alles in ons vermoë om hom rustig en gemaklik te hou,” sê André.

“Ons wil graag baie dankie sê aan almal wat Zandré die aand van die ongeluk bygestaan het… elke paramedikus, elke nooddienslid, Ruan Coetzee van Public Eye en almal wat op ‘n manier op die ongelukstoneel gehelp het. Die ondersteuning van die gemeenskap is absoluut oorweldigend. Baie dankie vir elke oproep en boodskap. Ons kan nie genoeg dankie sê nie.”

Nooddienspersoneel besig om Zandré op die ongelukstoneel uit die wrak van sy voertuig te bevry.
Zandré van Wyk in die hospitaal na sy ongeluk op 4 Desember.
Zandré van Wyk en sy meisie, Juanmari de Lange, voor die ongeluk.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Check Also
Close
Back to top button