Local newsNewsNews

Skitterende Kersfees-optog

VANDERBIJLPARK - Dit het Saterdagaand (14 Desember) soos 'n miernes in die parkeerarea van Shoprite gelyk toe Volkswagen-motor eienaars saamgetrek het vir die Volkswagen Kersfees-optog.

Chantall Nel, die organiseerder kan met reg trots voel. Sy het nie net daarin geslaag om gratis pret aan die gemeenskap te bied nie, maar ook in die proses die plaaslike DBV-ondersteun.

“Baie dankie aan almal wat deel geneem het, julle was awesome en julle karre was pragtig verby. Dankie ook aan die Ghost Riders wat aangebied het om met hulle motorfietse te help met die verkeer.

“Die beste deel was om te sien hoe die kinders dit geniet het,” sê Chantall.

Chantall Nel (organiseerder) en haar seun Jurgen (11).

Net soos verlede jaar kon enige Volkswagen-motor eienaar aan die optog deel te neem. Al wat vereis was is dat die motors met Kersversierings- en liggies opgetooi word.

Vanjaar was gevra dat die wat kon, ook honde- of katkos saambring om aan die DBV te skenk.

Dit was wonderlik om te sien hoe die gemeenskap die geleentheid saam geniet het, en hul harte oopgemaak het vir die DBV.

Die saamtrek het reeds vanaf 18:30 begin, en hoewel die weer gedreig het, het alles puik verloop en die kon die tweede VW-optog, net soos sy voorloper, ook as ‘n reuse sukses bestempel word.

Knap gedaan aan al die die VW-eienaars wat met goeie gees die opgtog ondersteun het. Dit was iets om te sien, veral toe dit begin donker word!

Volgende jaar se beplanning is dat enige kar van die jaar 1900 tot 1999 aan die optog deelneem.

Vir enige navrae kan die organiseerder Chantall Nel gekontak word: epos CHANTALLN777@GMAIL.COM of WhatsApp 065 921 4806 (geen oproepe asb).

Fotobeeld van die aand se gebeure

Foto’s Elsje Vermeulen

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button