Vaalweekblad se matriekafskeid koning vir 2024 is …
Die seunswenner het nie net die meeste likes en shares op Facebook gekry nie, maar ook 'n hele klomp boodskappe wat op hul eie boekdele oor hom gespreek het.
Vaalweekblad wil eerstens al die seuns en dogters bedank wat aan die kompetisie deelgeneem het. Dit was lekker om met al ons pragtige matrieks te kon spog. Ons wens julle alle sterkte toe.
VEREENIGING – JP le Roux (18) wat vanjaar aan die Hoërskool Overvaal matrikuleer het, is die seuns wenner van Vaalweekblad se The Incredibles 2024 Matriekafskeid-kompetisie.

Van die boodskappe wat ontvang is tydens die stemproses sluit in:
Joan Swanepoel: JP le Roux is een fenominale seun. Die mooiste maniere, sal nooit iets doen wat miskien iemand sal teleurstel nie. Hy is ongelooflik lief vir sy Ouma en het soveel respek vir ouer mense. Hy bied altyd ‘n helpende hand aan waar hy kan. Ek ken hom persoonlik en dit is my voorreg om vir hom te stem.
Peet Venter: JP le Roux, the best-mannered and courteous boy ever.
Vaalweekblad het bietjie van nader kennis gemaak met JP.
Hy is ‘n kranige rugbyspeler wat as vleuel op die veld uitdraf. Hy geniet die ook om te hengel, en soos die meeste mans het hy ‘n voorliefde vir motors en motorfietse … en natuurlik videospeletjies.

Hy het pas teruggekeer van sy matriekvakansie en beplan om die res van die vakansie saam met sy ouers, familie en natuurlik sy meisie deur te bring.
Laasgenoemde, Clarissa Risseeuw, het hom na die matriekafskeid vergesel. Hulle gaan reeds twee jaar uit.
JP wil baie graag volgende jaar op ‘n boerdery oorsee gaan werk. Dit is nog nie gefinasileer nie, maar dit is sy droom.
Hy kan opgesom word as ‘n agtermekaar jong man. Sterkte met die nuwe hoofstuk wat nou in jou lewe aanbreek en baie geluk met jou kroning as die 2024 seuns wenner.
As wenner het JP weggestap met verblyf vir twee by Stonhenge in Parys, en ‘n bootrit op die Aqua Lounge (vir ‘n groep van 20).

