Local newsNewsNews

Vermeende sekspes spandeer kersfees agter tralies

Klagstaat sluit verkragting, seksuele aanranding, bevordering van kinderpornografie, seksuele uitbuiting van kinders en seksuele voorbereiding van kinders in.

VANDERBIJLPARK – Die 49-jarige man wat verlede week vir beweerde seksuele misdrywe gearresteer is, het Dinsdagmiddag, 17 Desember vlugtig in die plaaslike hof verskyn.

Die saak is tot 14 Januarie 2025 uitgestel en die verdagte sal in aanhouding bly.

Die beskuldigde word aangekla van verkragting, seksuele aanranding, bevordering van kinderpornografie, seksuele uitbuiting van kinders en seksuele voorbereiding van kinders.

Luidens ‘n verklaring wat op die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se webtuiste gepubliseer is, is twee mans in ‘n gesamentlike wetstoepassing operasie, wat die Amerikaanse Federale Speurdiens (FBI) en die Departement vir Tuisland Sekuriteit se hulp ingesluit het, op 12 en 13 Desember onderskeidelik in Vanderbijlpark en Pretoria gearresteer.
Die ander beskuldigde, ‘n 41-jarige voormalige skoolhoof van Pretoria, is ook steeds in aanhouding.

Die beskuldigdes se identiteit is aan die media bekend. Dit mag weens die aard van die beweerde oortredings nie bekendgemaak word nie, aangesien daar minderjariges betrokke is wie se identiteit beskerm moet word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button