Local newsNews

Waterveiligheid: Neem SwimkidzSA se wenke ter harte!

Die Kersvakansie is 'n tyd van vreugde, maar wees waaksaam naby swemplekke en ander waterbronne om 'n tragedie te voorkom.

Dis Kersfeestyd… Vakansietyd! Hier wag hope pret in die volgende weke, maar dis ongelukkig ook ‘n tyd wanneer daar ‘n groter gevaar vir verdrinking is.
SwimkidzSA gee die volgende wenke vir ouers en kleingoed in dié tyd:

• Moet nooit alleen gaan swem sonder om vir iemand te sê nie
• Maak seker dat daar ‘n net oor die swembad en visdammetjie is.
• By die see moet jy altyd tussen die vlaggies swem, wat aangedui word deur die lewensredder.
• Moet nooit jou maatjie in die swembad stamp nie.
• Moet nie om die swembad hardloop en speel nie.
• Ouers moet ten alle tye bewus wees van waar hul kinders is, waar hulle speel en rondbeweeg.

Swem is ‘n lewensreddende vaardigheid, en verdrinking gebeur vinnig en maklik. Wees altyd waaksaam en voorkom ‘n tragedie.

SwimkidzSA bied lesse aan vir babas vanaf 6 maande, sowel as vir ouer kinders en volwassenes, asook water-aerobics vir dié wat wil konsentreer op oefening.
Bussies is beskikbaar wat swemmers van hul skole na die swemlesse neem. In die Vaaldriehoek is daar takke in Meyerton, Vanderbijlpark-CW4, Vandebijlpark-Vaal Drive, Ingenio Akademie en Drie Riviere. Daar is ook ‘n tak in Randfontein.
Indien jy belangstel om jou kind in te skryf, kontak SwimkidzSA gerus by 066 289 1669 of besoek hul webblad www.swimkidzsa.co.za

Foto’s: SwimkidzSA het onlangs hul “Brag day” gehou, waar swemmers beloon is vir hul harde werk deur die jaar. Weens ouers se werkverpligtinge kry baie van hulle nie die geleentheid om hul kinders se lesse gereeld by te woon nie, daarom was hierdie die perfekte geleentheid vir ouers, oumas en oupas om die kinders se vordering in die water te kon sien. Dié kleingoed was onder die swemmers wat met toekennings beloon is.

Inligting verskaf deur Michelle Booysen, besturende direkteur en franchise-houer: SwimkidzSA

* SwimkidzSA was een van die borge in Vaalweekblad se Baba- en Kleuterwedstryd 2024. MooiVaal Media bedank SwimkidzSA graag vir hul gewaardeerde betrokkenheid by die wedstryd.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Check Also
Close
Back to top button