Local newsNewsNews

Sonskermwenke vir die vakansie

Niks bederf 'n wonderlike vakansie soos sonbrand nie. Sonskerm is noodsaaklik vir almal, die hele jaar deur, maar as jy met vakansie in die son gaan wees dan moet jy ekstra versigtig wees.

Hier is ‘n paar wenke om seker te maak jou vel is hierdie vakansie teen die son beskerm:
– Kies die regte sonskerm. Kies ‘n sonskerm met ‘n SPF van ten minste 30. Breëspektrum sonskerms beskerm teen beide UVA- en UVB-strale. Maak ook seker dit is waterdig.
– Maak vooraf seker jou sonskerm het nie verval nie. Dit mag dalk te oud wees om beskerming te bied. Gewoonlik is sonskerm-middels nog reg vir ses maande tot een jaar nadat jy dit oopgemaak het, waarna dit beslis belangrik is om die produk te vervang.
– Wend ten minste elke twee uur weer sonskerm aan, en meer dikwels as jy swem of sweet.
– Moenie van jou lippe en oë vergeet nie. Gebruik ‘n SPF 15+ lipsalf om jou lippe te beskerm en maak seker jy dra ‘n sonbril.
– Probeer so min as moontlik in die son wees. Moenie heeldag in die son spandeer nie.
– Dra ‘n sonhoed om jou kop, gesig en skouers te beskerm.
– Smeer sonskerm tenminste 30 minute voor jy in die son uitgaan aan.

Maak seker jy smeer sonskerm oral. Moenie jou ore vergeet nie!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button