Rex Anderson, eienaar va Stonehaven, sleep vir Kersvader laat die water spat. Foto's: Ettienne van Rensburg
VANDERBIJLPARK – Kersfees gees het Sondag 22 Desember die Vaaldriehoek in sy arms toegevou.
Jonk en oud se gesigte weer geskitter. Die Carols by Candle Light wat deur die Vanderbijlpark Rotariërs by Stonehaven aangebied is, was ʼn belewenis.
Kersliedere by kerslig.Die voorsangers sing uit volle bors.
Dit het ʼn kersfeesmark ingesluit en hoewel die aand se verrigtinge met honderde kersliggies wat flikker mens in bewondering gelaat het, het die dramatiese aankoms van Kersvader per boot die kinders behoorlik opgesweep.
Waar’s Kersvader? “Munchkin” Els sit ongeduldig op haar oupa se skouers en wag vir haar foto saam met Kersvader. Foto: Ettienne van Rensburg
Eers het Kersvader verby Stonehaven geski en daarna het hy en sy helpers per boot voet aan wal gesit.
Honderde kinders het tou gestaan om ʼn foto saam met Kersvader sy helpers te kry.
Kersfees langs die Vaal!Kersfees langs die Vaal!Kersfees langs die Vaal!Kersvader op pad om voet aan wal te sit. Foto: Ettienne van RensburgKervader word omsingel!Kersliedere by kerslig wat ‘n pragtige gesig.Kersliedere by kerslig wat ‘n pragtige gesig.Kersliedere by kerslig wat ‘n pragtige gesig.Kersliedere by kerslig wat ‘n pragtige gesig.Oud en jonk het die Kersliedere by kerslig geniet.Kersliedere by kerslig wat ‘n pragtige gesig.Kersliedere by kerslig wat ‘n pragtige gesig.Die kleinspan was ook deel van die Kerssangproduksie.Kersliedere by kerslig wat ‘n pragtige gesig.Die dames voel beslis die Kersfeesgees.Switties en suigstokkies is mos ‘n belangrike deel van Kersfees.
*Die Vanderbijlpark Rotariers wil vir die volgende adverteerders en borge bedank wat die geleentheid moontlik gemaak het: Tancor Solutions, Alco Beton, Algoa Steel Vaal, Horse, Rescom, Voer en Graan, Red Door, River Square, Trip-Tiek, Koede Pharmacy, Julies Glass ,A-Sec, Skitterblink Cleaning Service, Sleepwaparte.co.za, Mahindra Vaal en Avbob Vanderbijlpark.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za