Local newsNewsNews

Ontvoerde sakeman en lyk in Sebokeng gevind

Vrou in arres wat verdink word van ontvoering en moord

SEBOKENG – Lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het Maandag (23 Desember) ‘n ontvoerde Pakistanse sakeman gered en ‘n 46-jarige vroulike ontvoerder vir moord en ontvoering in Sebokeng gearresteer.

Volgens ‘n voorlopige verslag het drie mans met ‘n BMW X5 die sakeman net meer as twee maande gelede in Lenasia, suid van Soweto ontvoer.

‘n Losprys van glo R12 miljoen is onmiddellik geëis vir die vrylating van die ontvoerde slagoffer. Volgens ‘n ingeligte bron is R800 000 deur die ontvoerde se familie betaal, maar die ontvoerders het meer geeis.

Na ‘n uitgebreide ondersoek het die SAPD se Ontvoeringspan tesame met lede van die misdaadintelligensie-eenheid, Gautengse gyselaars- en onderhandelingspan, Germiston Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek (Valke), Sedibeng Soek en Redding, SAPD Lenasia en SAPD Evaton inligting wat hulle bekom het oor die ligging van die verdagtes in Sebokeng, opgevolg.

‘n Soektog van die geïdentifiseerde eiendom in Zone 6, uitbreiding 1 in Sebokeng het daartoe gelei dat die span die slagoffer in een van die kamers gevind het.

Die lyk van ‘n ongeïdentifiseerde man is ook by hierdie perseel gevind. ‘n Vroulike verdagte is daarna op die toneel gearresteer.

Volgens Luitenant Kolonel Amanda van Wyk het die polisie het ook twee selfone by die toneel gekonfiskeer wat deel sal vorm van verdere ondersoeke. Nog arrestasies word verwag.

Lede van die publiek word versoek om onmiddellik hul naaste polisiestasie of die SAPD se Stop Misdaad-blitslyn nommer by 08600 10111 te skakel indien enige van hul familielede of vriende die slagoffer van ontvoerders word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button