Local newsNewsNews

Opdatering: Sasolburg kragonderbreking

Krag sal hopelik vandag herstel word.

SASOLBURG – Die voortslepende kragonderbreking in Sasolburg wat vandag sy derde dag binnegaan sal hopelik vandag opgelos word.

Dit is die terugvoering wat van die DA-raadslid, Jacques Barnard, ontvang is. Foto’s is vanoggend net voor 08:00 en weer 10:00 by die Hoëveldse substasie geneem van die diensverskaffer se span wat fluks besig is.

Die panele by die substasie moet van ʼn oormaat koolstof skoongemaak word. Dit sowel as ʼn kragkabel wat onklaar geraak het, is glo die oorsaak vir die kragonderbreking.

Die proses om die opbou van koolstof skoon te maak gaan glo etlike ure neem waarna ʼn druk -en ladingstoets gedoen sal word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button