Local newsNewsNews

Midvaal stel waterbeperking in

Hierdie maatreëls sal van krag bly totdat die beperkings opgehef word.

Hierdie kennisgewing is om alle industriële en huishoudelike watergebruikers in te lig dat Midvaal Plaaslike Munisipaliteit ‘n afskrif ontvang het van ‘n brief van die Minister van Water en Sanitasie, gerig aan die Premier van Gauteng en alle munisipaliteite in die provinsie, insluitend Midvaal.

Die brief beklemtoon ‘n aansienlike toename in watervraag oor die afgelope paar maande.

Ongelukkig het die grootmaat watervoorsiening-infrastruktuur opgraderings nie tred gehou met hierdie vraag nie, wat verder vererger is deur vertragings in die Lesotho Hoogland Fase 2-waterprojek, wat nou na verwagting eers teen die einde van 2028 in gebruik geneem sal word.

As gevolg hiervan, implementeer die Midvaal Munisipaliteit Vlak 1-waterbeperkings met onmiddellike effek om ‘n totale ineenstorting van die watervoorsieningstelsel te voorkom.

Hierdie beperkings behels onder meer dat grasperke, tuine, struike en bome tans nie tussen 06:00 soggens en 18:00 saans natgelei of besproei mag word nie. Tuinslange mag nie gebruik word om voertuie, opritte, sypaadjies of geboue af te spuit nie, en swembaddens mag nie volgemaak of opgevul word nie.

Hierdie maatreëls sal van krag bly totdat die beperkings opgehef word. Indien die watersituasie egter vererger, kan strenger waterbeperkings volg.
Die munisipaliteit rig ‘n dringende versoek aan inwoners om saam te werk en water te bespaar.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button