Local newsNews

PurrPaws se pote plas plesierig op warm dae

Die sentrum het steeds ‘n groot behoefte aan nóg dierebestande houers of swembadjies.

 

VILJOENSDRIF. – Die koeler dae oor die Feestyd het ‘n bietjie verligting gebring, maar in die voorafgaande weke moes inwoners van die Vaaldriehoek behoorlik op hul tande kners om die droë somerhitte te verduur. Vierpoot-inwoners van diereskuilings soos Purrpaws For Life Rescue Centre het in die eerste helfte van Desember ook behoorlik les opgesê weens die hittegolwe.

Talle van Purrpaws For Life se honde baljaar gedurende die warmste tye van die dag in plaspoele, maar die sentrum het steeds ‘n groot behoefte aan nóg dierebestande houers of swembadjies.
Indien genoeg sement ingesamel kan word, kan die diereskuiling ekstra plaspoele bou vir die verwagte warm weer wat voorlê. Sement kos gemiddeld R100 per sak.

Enigiemand wat ‘n sak wil skenk of ‘n ander bydrae wil maak, kan Purrpaws per Whatsapp kontak by 083 650 9558, of ‘n direkte inbetaling maak aan Purrpaws For Life, Capitec Business Bank, Vanderbijlparktak, Kode: 450137, Tjekrekening: 1050748298. (Swift code: CABLZAJJ).

PurrPaws se plaspoele is gedurende warm dae ‘n gewilde uithangplek vir die vierpoot-inwoners.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Check Also
Close
Back to top button