Local newsNews

Vaaldam se visse kry ook swaar weens lae watervlak

Vakansiegangers wat beplan om hierdie feestyd met bote op die Vaaldam te vaar, moet versigtig wees om nie sandwalle of ander voorwerpe vlak onder die water, te tref nie.

Veen du Toit van die Vaaldriehoek skryf na aanleiding van Vaalweekblad se onlangse berigte oor die lae vlak van die Vaaldam:
Goeiedag mense, weet julle, dis nie net die boere wat swaartrek met die droogte nie. Glo dit of nie maar die vis in die Vaaldam trek ook maar net so swaar.
Die graskarpe vrek want die dam is so leeg, daar is nie gras in die dam nie. Die swartbaars (bass) vrek want hoe minder water, hoe minder is die gras en riete wat hulle nodig het om in te leef. Ons vra dat daar ernstig gebid word vir reën om die Vaaldam weer vol te kry.
As julle Vaaldam toe kom hierdie Feestyd en jy kom met ‘n boot, moet jy versigtig wees op die water. Jy slaan dalk net nog grafte onder die water raak of ou grensdraadpaaltjies wat nou begin uitsteek weens die lae vlak van die dam.

‘n Onlangse foto van die Vaaldam-gebied, met die damwal in die agtergrond. (Foto: Peet Schabort).
So lyk dit tans by Manten Marina by Deneysville, met die Vaaldam se watervlak wat nou onder 25% is.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Check Also
Close
Back to top button