Local newsNewsNews

99 sent vir skoolskoene

Terug-skool-toe-inisiatief deur Pep en FNB.

Soos die nuwe akademiese jaar nader kom, het FNB eBucks en PEP kragte saamgesnoer om kliënte ‘n eksklusiewe aanbieding op skoolskoene te bied. FNB-kliënte kan vir ‘n beperkte tyd Student Prince sintetiese skoolskoene vir slegs 99 sent by enige PEP-winkel landwyd koop.

Alternatiewelik kan klante R129 afslag kies op enige paar skoolskoene met ‘n hoër pryspunt, soos Toughees-leerskoolskoene.

Hierdie opwindende samewerking het ten doel om van die finansiële druk wat met terug-skooltoe-uitgawes gepaardgaan, te verlig.

Pieter Woodhatch, FNB eBucks Rewards se hoof, meen: “Benewens huishoudelike koste soos kos en vervoer, het ons opgemerk dat skooldragbenodigdhede ‘n aansienlike impak op ons kliënte se huishoudelike begrotings het en soms stremming tot hul reeds uitgerekte sakke het.

Deur hierdie 99c-skoolskoenebewys poog ons om die koste van skoolskoene aan te vul wat dan die algehele koste van uniformbesteding vir gesinne sal vergemaklik en verseker dat elke kind hul skooljaar begin met die noodsaaklikhede wat hulle nodig het om sukses te behaal.”

Om vir hierdie aanbod te kwalifiseer, moet FNB-kliënte met ‘n Easy-debietkaart (PAYU en Bundle) en Aspire-debiet-, Premier-, Private Clients of Private Wealth-debiet-, -krediet- of Fusion-kaart ‘n minimum van R300 vanaf 26 Desember 2024 bestee.

PEP se bemarkingshoof, Angela Beukes, het bygevoeg: “By PEP erken ons die belangrikheid van skooldrag om selfvertroue te bevorder. Daarom is ons daartoe verbind om ouers te ondersteun om te verseker dat hul kinders op hul beste lyk en voel.”

Ons is trots om weereens die laagste pryse op skoolbenodigdhede aan te bied, maar hierdie samewerking met FNB stel ons in staat om selfs groter waarde aan ons kliënte te bied gedurende ‘n tyd wanneer hulle dit die meeste nodig het. Hierdie vennootskap verseker dat meer kinders 2025 met selfvertroue kan instap.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button