Laaste dag om tenks vol te maak voor prysstyging
Brandstof word vanaf middernag op 31 Desember duurder.

Om 12 uur vannag verwelkom ons nie net ‘n nuwe jaar nie, maar ook hoër pryse vir brandstof.
Benut dus vandag die laaste kans om jou voertuig se tenk teen die ou prys vol te maak.
Die brandstof-prysstyging wat deur die departement van minerale en energie vir Januarie 2025 aangekondig is, is soos volg:
95 oktaan petrol word 12c per liter duurder.
93 oktaan petrol word 19c per liter duurder.
Diesel met 0,05%-swaelinhoud word 7,5c per liter duurder.
Diesel met 0,005%-swaelinhoud word 10,5c per liter duurder.
Gas word met 13c per kg duurder.
Goeie nuus is dat die prys van paraffien met 13c per liter goedkoper word.
Vaalweekblad wens al ons lesers ‘n genotvolle Oujaarsdag toe, en ‘n veilige rit aan almal wat op die paaie gaan wees.
