MEYERTON – Die 12-jarige Pearl Mellet van Boltonwold wat op 20 Desember in ‘n ernstige motorfietsongeluk betrokke was, is uiteindelik uit die Sebokeng-hospitaal ontslaan.

Pearl het met ʼn pit bike wat sy met haar verjaarsdaggeld gekoop het in ʼn muur vasgery en albei haar arms en bene gebreek.
Sy het operasies aan haar arms en bene ondergaan. Die lang pad van herstel lê voor.
Haar gesin het op Rea Thusa/We Help se Facebookblad almal bedank wat gehelp het om die beweerde swak mediese behandeling wat sy ontvang het, onder die aandag van die gesondheids departement te bring.
Lees ook:
https://www.citizen.co.za/vaalweekblad/news/2024/12/30/twaalfjarige-oorleef-fratsongeluk/
