Local newsNewsNews

Opdatering: Gestremde Dwayne nou by spesialis

Sal hopelik operasie kry om inwendig bloeding te stop.

VANDERBIJLPARK – ‘n Vergrootte milt en twee are digby sy slukderm wat lek. Dit is glo die oorsaak van die 20-jarige Dwayne Pretorius se inwendige bloeding.

Die gestremde jongman van Vanderbijlpark is op 26 Desember na die Sebokeng-hospitaal met inwendige bloeding gehaas, nadat hy bloed begin braak het.

Hy is later na die Tshepong Staatshospitaal in Klerksdorp oorgeplaas waar toetse op hom gedoen is.

Volgens sy ma is hy gisteraand omstreeks 21:00 na die Johannesburgse Algemene Hospitaal oorgeplaas waar hy ʼn spesialis gaan sien en waarskynlik ʼn operasie sal ondergaan.

Sy ma Valerie het reeds ʼn Back a Buddy-veldtog aanlyn begin waar mense kan help met sy mediese onkostes.

Die plan was om hom by Cormed Privaat-hospitaal in Vanderbijlpark te laat opneem sodat hy die beste moontlike behandeling en sorg kon kry.

Daar moet egter ʼn groot deposito betaal word aangesien die gesin nie ʼn mediese fonds het nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button