Local newsNewsNews

Hendrik die nuwe hoof van General Smuts High

VEREENIGING - Dis 'n nuwe jaar en General Smuts High spog met 'n nuwe, jong, dinamiese hoof.

Daar lê egter ‘n reuse uitdaging vir Hendrik Opperman (38) voor, maar as daar iemand is wat dit kan doen, dan is dit Hendrik.

Hy is amptelik kort voor die Desember-vakansie as hoof aangestel, maar sal eers met die aanbreek van die nuwe skooljaar ‘n daadwerklike verandering kan maak.

Hendrik is ‘n gebore en getoë Valie wat in 2003 aan die voormalige HTS Vereeniging matrikuleer het, en spog met sowat 20 jaar ondervinding in die onderwys.

Hy was op 5 Oktober vereer as ‘n Special Needs Leadership finalis tydens die Nasionale Onderwys Toekennings.

Hy het by ‘n aantal plaaslike skole skoolgegee, en was ook betrokke om ‘n nuwe spesiale skool, Isizwe Setjhaba Spesiale Skool, te open.

“Omdat ek van die Vaal is, weet ek hoe General Smuts vroeër jare was. Dit is my mikpunt om dié skool tot sy former glory te herstel,” vertel Hendrik.

Mnr. Hendrik Opperman, nuwe hoof van General Smuts High School. Foto: Elsje Vermeulen

Dit is ook niks snaaks vir Hendrik dat hy as Afrikaner die leisels by ‘n Engelse skool met meestal swart leerlinge die leisels moet neem nie.

“By Isizwe was ek ook die enigste Afrikaner lid van die personeel. Ek dink my reputasie het my gehelp. Ek kan saam met almal werk en stel baie belang in die swart kultuur.

“Ek kan nie vlot Sotho praat nie, maar verstaan genoeg sodat ek meestal weet wat gesê word,” vertel Hendrik.

Sy kort termyn doelwitte sluit in om al die sisteme in plek te kry sodat die skool kan funksioneer soos hy moet.

Tans kort die infrastruktuur baie aandag. Die toiletgeriewe is die grootste probleem.

Dan is daar natuurlik die koshuis wat vervalle is. “Ek is reeds deur ‘n paar sokkerakademies genader wat die fondse beskikbaar sal stel om die koshuis te herstel.” Die koshuis kan sowat 180 kinders akkomodeer.

Wat die skool se sportvelde betref het die skool nie tans die toerusting om dit reg te ruk en in stand te hou nie.

“Ons sal dit hoog op prys stel as daar enige besighede of borge is wat betrokke kan raak sodat ons die situasie kan hanteer,” vra Hendrik. “Ons is oop vir onderhandelinge”.

  • General Smuts High spog met ‘n reuse matriekklas van 280 vir 2025.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button