Kom help watervoëls tel op die Vaalrivier
Skop die jaar af met 'n dag op die Vaalrivier vir 'n goeie doel. Die aksie vind Saterdag, 25 Januarie plaas. Lees meer...
VANDERBIJLPARK – Een van die Vaal Voëlklub se lekkerste projekte elke jaar is die somer voëltelling op die Vaalrivier.
Enige een is welkom om saam te kom en te help om die watervoëls te tel. Dis gratis, maar plek moet vooraf bespreek word.
Gewoonlik is daar meer as een boot wat vanaf Stonehaven on Vaal vertrek om nie net die rivier nie, maar ook van die sytakke se voëlbevolking onder oë te kry.
Almal ontmoet om 06:00 by Stonehaven-on-Vaal (die amptelike borge van die dag), waarna die nodige instruksies gegee sal word. Die bote vertrek om 06:30.
Elkeen bring sy eie kos en drinkgoed (geen alkohol) en onthou jou hoed, sonblok, verkyker en kamera.
Bespreek betyds by Cliff Wright, selfoonnommer 076 503 8683.
