Local newsNewsNews

Video en foto’s: Winkels in puin na brand

Vermeende dief en brandstigter verkool glo in brand

 

VANDERBIJLPARK – Verskeie besigheids-eienaars sit met hulle hande in die hare nadat ‘n brand op Maandag, 6 Januarie verskeie besighede in die sakekern groot skade berokken het.

Daar word vermoed dat die brand ontstaan het, na ‘n mislukte inbraak by een van die besighede.

Die klerekettingwinkel PEP asook Fashion World het heeltemal afgebrand. Ander besighede soos White House en Chicken Licken het ook erg skade gelei.

Capitec Bank se vensters is ook oopgebreek. Dit is onduidelik of dit deur die brandweer of die vermeende rowers gedoen is.

Daar word bespiegel dat die rower(s) die brand gestig het om sekuriteitpersoneel se aandag van hulle onstnapping af te trek.

Volgens Kaptein Teboho Lephoto, woordvoerder van die polisie, is ‘n verkoolde liggaam in een van die afgebrande besighede gevind. Daar word vermoed dat dit een van die inbrekers is. Die saak word verder ondersoek.

Brandweermanne in aksie tydens die brand. Foto’s: Ettienne van Rensburg
Dit is onduidelik of Capitec Bank se venster deur rowers oopgebreek is en of die brandweer dit moes oopbreek om die brand te blus.
Groot skade.
Die verwoesting wat die brand agter gelaat het.
‘n Gapende groot gat in Capitec Bank se venster.
Besighede en hul personeel red voorraad uit besighede wat deur die brand beskadig is.
Die brandweerwaens het oortyd gewerk.
Die agterkant van PEP wat afgebrand het.
Duisende rand se skade.
Fashion World is amper onherkenbaar afgebrand.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button