Local newsNewsNews

Operasie sukses – Dit gaan beter met baba Hanru

November was klein Hanru in baie ongemak en pyn, maar nou is dit net die tande wat pla.

VANDERBIJLPARK – Hanru Smit is bietjie knieserig soos enige baba van amper agt maande. Dis sy tande wat pla, vier tandjies bo en vier onder is besig om te sny.

As mens dink waardeur Hanru al in sy kort lewe is, dan is tande kry ‘n speletjie. Hy is Mei verlede jaar in ‘n staatshospitaal gebore, waar hy dadelik op suurstof gesit is en antibiotika deur sy naelstring ontvang het.

Twee maande na die groot operasie en Hanru geniet sy vakansie.

Drie maande later het die area rondom sy geslagsdele begin swel. Sy ouers het hom na ‘n uroloog geneem waar Hanru met hydroceles en spermatoceles* gediagnoseer is.

Vaalweekblad het berig oor die groot operasie wat uitgevoer moes word. Daarna het die goeie nuus gekom dat die operasie suksesvol was.

Al wat hy oorgehou het is dat sy testikels op die stadium nog nie heeltemal rond is nie.

Volgens sy ma, Verna Laurens, wil die dokter Hanru oor vier maande sien om seker te maak alles is reg en om te kyk of daar dalk weer geopereer moet word.

Intussen het Hanru ook al verskeie kere mangelontsteking met gepaardgaande oorontsteking gehad en sal hy eersdaags moet gaan om grommets in sy ore te laat sit.

“Hy is eintlik baie gesond nou en gelukkig. Hy het ook lekker gewig opgetel,” het sy ma in ‘n telefoniese onderhoud gesê.

*’n Hidrocele is ‘n versameling vloeistof in die skrotum, wat die testikel omring. Spermatocele is soortgelyk aan epididimale siste en ontstaan in die agterkant van die testis. Dit druk die testis vorentoe en af – https://www.metrovanurology.com/

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button