Local newsNewsNews

SMS en bestuur: ‘n dodelike kombinasie

Navorsing deur die Automobile Association (AA), Discovery Insure en ander padveiligheidsstudies dui op 'n kommerwekkende toename in afgeleide bestuur, met selfoongebruik bo-aan die lys.

Dis weer terug na normaal, en terug werk toe. Plaaslike inwoners wie se werk vereis dat hul daagliks ver moet ry, word gemaan oor padveiligheid.

Afleidings terwyl motoriste bestuur bly een van die grootste bedreigings vir padveiligheid.

“SMS terwyl jy bestuur is veral gevaarlik omdat dit al drie tipes afleiding kombineer: visueel, handmatig en kognitief,” verduidelik Dewald Ranft, voorsitter van die Motor Industry Workshop Association (MIWA).

Visuele afleiding vind plaas wanneer ‘n bestuurder sy oë van die pad afhaal, handmatige afleiding behels om sy hande van die stuurwiel af te haal, en kognitiewe afleiding vind plaas wanneer sy gedagtes nie op bestuur gefokus is nie.

Algemene afleiding sluit in eet, versorging, musiek aanpas of deelneem aan gesprekke. Studies toon dat bestuurders wat SMS terwyl hulle bestuur aansienlik meer geneig is om kritieke leidrade te mis, wat hul eie lewens en die van ander in gevaar plaas.

Ranft reken dat baie mense nou hul voertuie as mobiele kantore gebruik, wat hierdie gedrag net vererger. “Afleiding terwyl jy bestuur kan dodelike gevolge hê,” waarsku hy.

Hy moedig bestuurders aan om veiliger gewoontes aan te neem en bied hierdie wenke:

* Vermy multitasking: Onthou om nie te lees, te eet, klere te verander of jouself te versorg terwyl jy bestuur nie.

* Hou jong passasiers veilig: Maak seker dat kinders veilig vasgemaak is, en as hulle aandag benodig, trek oor om hulle veilig te help.

* Hou troeteldiere veilig: Gebruik ‘n troeteldierdraer wat behoorlik vasgemaak is om diere te keer om vrylik in die voertuig te beweeg.

* Berei ‘n musieklys voor: Kies jou musiek vooraf om te voorkom dat jy instellings aanpas terwyl jy bestuur.

* Kommunikeer met geliefdes: Laat familie en vriende weet dat jy nie oproepe of SMS’e sal beantwoord terwyl jy op die pad is nie.

* Hou ‘n veilige afstand: Laat genoeg volgafstand toe om jou tyd te gee om te reageer indien nodig.

“Kom ons almal doen ‘n bewuste poging om gefokus te bly en onsself, ons passasiers en ander op die pad te beskerm. Saam kan ons ‘n betekenisvolle verskil maak in padveiligheid,” sluit Ranft af.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button