Local newsNewsNews

Vaaldriehoek kunstenaars se planne vir 2025

Van die Vaaldriehoek se musieksterre het hul planne vir 2025 gedeel. Lees meer...

VAALDRIEHOEK – Die Vaal is geseënd met talentvolle sangers wat hul passie in verskeie genres uitleef. Vaalweekblad het by van hulle gaan hoor waarna hulle uitsien vir 2025 en wat hul aanhangers die jaar kan verwag.

Mirandi

2025 sou ek sê maak enige iemand opgewonde, want dis ‘n kans om nuut te begin, nuwe avonture, nuwe hoop, nuwe siening, nuwe krag en nuwe geleenthede.

As ek so daarna kyk sou ek sê ek sien uit na al die nuwe moontlikhede. My aanhangers kan uitsien na meer van my en nuwe musiek.

Anton Myburgh

Anton Myburgh

Ek is opgewonde oor 2025, want ek neem nuwe liedjies op in Februarie en ek word 60 op 11 Februarie. Op 3 en 4 Februarie neem ek twee nuwe liedjies op. Een van Frikkie Visgat en sy naam is Mielie Bom.

Die ander een is vir myself en my geliefde Elize en sy naam is As jy nie kan vergeet nie. Ons neem ook twee video’s op en hopelik word die twee nuwe liedjies in Maart of April vanjaar vrygestel by die Barnyard in Vereeniging.

Nico van Vuuren (Inspirasie Veelvoud)

Inspirasie Veelvoud (Nico van Vuuren)

Daar is ‘n gevoel dat 2025 ‘n jaar vol inspirasie gaan wees en dit maak my opgewonde, want daar is baie geleenthede wat voorlê die jaar. Geleenthede vir persoonlike groei en om doelwitte te behaal.

Vroeg die jaar – 7 Februarie – maak Inspirasie Veelvoud sy lewendige verskyning. Hou die spasie dop. Ek is ook opgewonde oor nuwe liedjies en my eerste album.

Lion Jay (Leon Jacobs)

Lion Jay

Nuwe dinge en ‘n nuwe fase lê vir my voor. Ek het groot planne vir my werk, musiek en fotografie. Ek beoog om meer te doen om my musiek bekend te maak.

Daar is nuwe liedjies wat ek as enkelsnitte gaan vrystel en ek beoog om twee albums die lig te laat sien.

Lizz Maree

Lizz

Wat my opgewonde maak oor 2025 is die uitdagings. Ek geniet ‘n challenge soos mens sou sê. Ek wil ook meer begin fokus op corporate werk en nuwe plekke sien en mense ontmoet.

Dan waarna mense kan uitsien is altyd nuwe musiek, genres en nog ‘n ekstra taal of twee, omdat ek soveel moontlik mense gelukkig wil maak by ‘n optrede. Mens kan mos nooit genoeg leer nie.

Leonardo

Leonardo

Ek is baie opgewonde vir my en Armand Hofmeyr se konsert 28 Maart in Alberton. Dan sien ek ook vreeslik uit na die musiek toekenningsgeleenthede van 2025, onderandere Melomaan en die SACMAF Awards.

My aanhangers kan uitsien na drie nuwe albums die jaar. Almal oorspronklike musiek en so hier en daar ‘n cover van gewilde Country, Afrikaans en Rock.

Sean Miles

Sean Miles

Wat my opgewonde maak oor 2025 is die oorvloed van geleenthede wat wag om ontdek te word. Hierdie jaar voel soos ‘n leë bladsy waarop ek ‘n meesterstuk van selfgroei, kreatiwiteit en sukses kan skilder.

Ek is opgewonde om myself tot nuwe hoogtes uit te daag en om ‘n sterker, meer dinamiese weergawe van myself na vore te bring. Dit is vir my opwindend om te dink hoe ek my musiek na nog groter hoogtes kan neem en nuwe grense kan verken.

Die eindelose moontlikhede van hierdie jaar inspireer my om elke geleentheid met entoesiasme, ‘n oop hart en gees aan te gryp. Ek glo dat, met God aan my sy, ek enige uitdaging kan oorkom en enige droom kan bereik.

Hierdie jaar is my kans om nie net te groei nie, maar om werklik te floreer – en ek is gereed vir elke oomblik!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button