Tollie Parton kom Barnyard Vereeniging skud!
VEREENIGING - Maak gereed vir ‘n skreeusnaakse aand saam met Tollie Parton, oftewel Wynand Kotze, Vanrhynsdorp se voormalige hoofseun en nou Suid-Afrika se geliefde drag-superster.
In hierdie komiese, semi-aanstootlike vertoning deel Tollie haar mees onvergeetlike stories – van haar dae as ‘n klein dorpie se “golden boy” tot haar huidige lewe as ‘n fopdosser wat vir alles en almal ‘n gek gee.
Wat kan jy verwag?
Storievertelling wat vir hope vermaak gaan sorg, ‘n nuwe sokkie-treffer wat jy nie wil misloop nie en baie wyshede oor die lewe.
Antwoorde op vrae soos:
Hoekom dink mense sy lyk soos Casper de Vries met groter… pramme?
Dis ‘n aand vol vetpret (of eerder pret met ‘n growwe beenstruktuur) wat jy nie wil misloop nie. Kry jou kaartjies nou en wees gereed om jou lagspiere te laat werk!
Kaartjies is beskikbaar op Barnyard Vereeniging se webwerf, en ook by die deur.
Tollie se vertoning op Vrydag, 28 Februarie by Barnyard Vereeniging begin om 20:00 (maar soos altyd kan daar vooraf saam gekuier word).
Kaartjies beloop R150 per persoon.
