Local newsNewsNews

Dagboek nou reeds Rocking the Vaal 2025

VANDERBIJLPARK - Inwoners word nou reeds aangeraai om te beplan vir die tweede Rocking the Vaal fees wat op 29 Maart by die Emerald Resort & Casino plaasvind. Sorg dat jy en jou gesin nie uitmis nie!

Valies wat verlede jaar deel was van die Goue Driehoek Sakekamer (GTCoC) se heel eerste Rocking the Vaal, sal kan getuig van ‘n opwindende dag gevul met baie vermaak.

Vanjaar is daar nie minder nie as 12 nasionale kunstenaars wat daar gaan optree.

Behalwe vir die vermaak gaan daar ook gepoog word om drie Guinness Wêreld Rekords op te stel.

Langste kebab: huidige rekord is 2047.47m, en daar word gemik na ‘n 3 000m kebab/sosatie bou en braai.  Om dit te vermag gaan sowat 2 048 mense vanuit die gemeenskap gelyk braai aan die sosatie op die dag. Daar gaan 2 ton vleis gebruik word en die uiteindelike sosaties sal na raming sowat 3 ton weeg.

Grootste pot mieliepap: die huidige rekord is 1 000kg en daar word gemik na ‘n 2 000kg pot. Die bestaande pot waarin daar verlede jaar potjiekos gemaak is, gaan hiervoor ingespan word.

Brood breek-rekord is 478: die mikpunt is 1 000.

Verlede jaar is die Broodbreek-rekordpoging afgestel, maar word vanjaar weer aangedurf.

Die rekordpogings sal ook ‘n liefdadigheidsdoel dien. Na verwagting sal sowat 12 000 mense kos ontvang.

Daar is egter baie vermaak wat deel vorm van die dag se gebeure.

Vaalweekblad/Ster sal lesers weekliks inlig oor een of meer van die hoogtepunte waarna uitgesien kan word.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button