Local newsNewsNews
D.F. spog met hele span tweelinge
Dis lekker om 'n nuwe avontuur aan te durf met die wete dat jou tweeling broer of suster by jou is.
VANDERBIJLPARK – Laerskool D.F. Malherbe en tweelinge gaan hand aan hand. Nie net is die skool se hoofleiers, Kjelt en Caylyn Vanvinkenroye, ‘n tweeling nie, daar is vier tweelinge in graad een.

Onder die graad R’e het Kenzie en Leah Coetzer ook 15 Januarie deel van die D.F.-familie geword. Die jongelinge was opgewonde om op hul eerste skooldag afgeneem te word en sê hulle sien uit na skool.

Klein Heinrich van der Vyfer was verstom oor al die kinders in sy klas, terwyl Iané du Plessis bly was om te hoor dit was tyd vir toebroodjies na die fotonemery.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
