Local newsNews

Maagvirus eis geliefde ma en ouma

"Ons sal haar veral onthou vir haar groot liefde vir haar familie," sê haar dogter, Daleen da Silva.

 

VANDERBIJLPARK. – ‘n Maagvirus wat uitgebreide infeksie veroorsaak het, het onlangs die lewe van ‘n jarelange inwoner, mev. Susan Allers (74), geëis.
Mev. Allers is op 16 Mei 1950 in Tzaneen gebore en het in Duiwelskloof grootgeword voordat sy mettertyd na die Vaaldriehoek verhuis het.

“Sy was ‘n liefdevolle en sagte soort mens, maar jy het altyd geweet waar jy met haar staan. Sy het altyd probeer help waar sy kon. Ons sal haar veral onthou vir haar groot liefde vir haar familie,” sê haar dogter, Daleen da Silva. “Jy kon haar elke dag deur ‘n ring trek. Sy het altyd so lekker geruik. Sy was baie lief vir musiek en het ook graag gebak en gebrou, sowel as gehekel en gebrei.”

Wyle mev. Allers word buiten haar man, Johan, deur vier dogters, Daleen, Sonja, Marlize en Surina, haar skoonseuns, sewe kleinkinders en vyf agterkleinkinders oorleef. Sy was ook die ouma van die talentvolle sangeres Chrizaan, met wie sy ‘n baie hegte verhouding gehad het.
Haar troosdiens is verlede Maandag by die NG Vaalrivier-gemeente in Vanderbijlpark gehou. Die gesin bedank graag almal wat hulle deur dié hartseertyd bygestaan het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Check Also
Close
Back to top button