
VANDERBIJLPARK – Drie lyke is vandagmiddag (20 Januarie) langs Barrageweg digby die VUT Isak Steyl-stadion in ‘n mangat gevind.
Die gru-ontdekking is deur personeel van Randwater gemaak toe hulle ‘n waterlesing geneem het.
Volgens die polisie is die lyke van drie mans in een van die mangate gevind.
Na wat verneem word, is aldrie die oorledenes burgers van Lesotho wat wettig in die land is. Barrageweg in die rigting van Vereeniging was ‘n geruime tyd gesluit.
Minstens een van die oorledenes se arms was agter sy rug vasgebind. Die saak word verder deur polisie ondersoek.




At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
