Local newsNewsNews
Ons weet wat ons weet
Waarna sien jy die meeste uit om in graad 1 te wees? Fonteine Primêre Skool het op hul eerste skooldag met Vaalweekblad gesels.
Ellemé Duvenhage Om buite te kan speel.

Bradley Botha Dis baie lekker by die skool. Ek wil graag by die rugbyveld speel en baie slim wees.

Isebelle Pieters Ek sien uit daarna om werkies saam met juffrou te doen en om klein toetsies te skryf.

Alida du Toit Ek kan nie wag om te leer lees nie. Dan kan ek vir my bababoetie wat nog in my ma se maag is stories lees.

Stefan Kotze Ek wil buite speel.

Jacques Kotze Ek wil sokker, krieket en rugby speel. Enige sport. Ek wil leer om te lees ook. Juffrou het my nog nie leer lees nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
