Local newsNews

Verdwaalde man se familie gesoek

As sy familie of iemand anders hom herken, kontak asseblief vir Marlene by 078 780 8767

SASOLBURG. – Public Eye se patrolleerders rapporteer dat hulle vanoggend ‘n verswakte man op die R57-pad tussen Vanderbijlpark en Sasolburg aangetref het.

“Hy was so 1 kilometer verby die Golden Goose-brug in die rigting van Sasolburg op pad,” sê me. Marlene Enslin van Public Eye.

Hy is baie swak en kan nie besonderhede oor sy naam, familie of adres gee nie. Aangesien hy intussen inmekaargesak het, is ‘n ambulans gereël om hom te kom haal. Hy is tans nog by Hoff’s se afrit, rigting Sasolburg. Sy familie, of die mense by wie hy woon, word versoek om Marlene te kontak by 078 780 8767.

Die man het intussen inmekaargesak en ‘n ambulans is nou ontbied om hom te kom haal.
Die onbekende verswakte man wat vanoggend op pad Sasolburg toe aangetref is deur Public Eye.

OPDATERING:

Marlene Enslin van Public Eye het Maandag 11:23 laat weet:  “Baie dankie aan elkeen wat die post op Facebook gedeel het. Dankie vir Muller by VEC en ook Johan Roodt wat die oom gevind en bygestaan het. Oom Dries Steyn se kinders is gevind en is op pad om hul pa te gaan sien by Mediclinic.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Check Also
Close
Back to top button