Local newsNewsNews

Verlamde Downsindroom-seun (17) steeds in hospitaal

VANDERBIJLPARK - Hy het bo alle verwatinge verlede jaar Oktober sy 17de verjaarsdag gevier. Maar in Desember het sy gesondheid agteruit gegaan en was daar vir dié jong Downsindroom-lyer se lewe gevrees.

Vaalweekblad het kort na Kegan Holl se geboorte vir die eerste keer oor hom berig.

Hy was van geboorte baie siek en gereeld in en uit hospitale. Hy was maar net ‘n babatjie toe hy met brongiale longontsteking gediagnoseer is.

Maar dit was nie die ergste skok wat op sy ouers (Krystle en wyle Martin Holl) gewag het nie.

Op die ouderdom van net 18 maande is daar bevind dat Kegan boonop verlam is. Die rede hiervoor is Germ Cell-kanker wat al die kussinkies tussen sy rugwerwels weggevreet het.

Na ‘n lang stryd en vele chemo-behandelings was Kegan uiteindelik kankervry.

“As dokters vir jou sê jou baba sal nie sy tweede verjaarsdag sien nie, breek dit ‘n ouerhart. Ons is dankbaar hy het hulle verkeerd bewys en wil hom nou weer so gou moontlik by die huis hê,” sê ma Krystle.

Sy en stiefba, Anton Claassen, het gedurende Kegan se leeftyd baie uitdagings saam met hom oorbrug.

Soos nou weer toe Kegan op 30 Desember ernstig siek geword het.

Sy ouers het hom in die Charlotte Maxeke Johannesburg Akademiese Hospitaal laat opneem.

“Kegan se buik het geswel tot drie keer die grootte, asook sy bene. Hy was in pyn en het gesukkel om asem te haal,” vertel Krystle.

Kegan Holl (17) in die hospitaal na ‘n infeksie onderlede gehad het en gesukkle het om asem te haal.

Die erge infeksie wat hy gehad het is intussen behandel en onder beheer, maar het Kegan se longe beskadig en is hy steeds van ‘n suurstofmasjien (CPAP – Continuous positive airway pressure) afhanklik.

‘n CPAP bestaan basies uit ‘n buis wat aan ‘n suurstofmasker gekoppel is wat dan oor die neus en mond geplaas word om suurstof te verskaf.

“Die dokters het gesê Kegan kan huistoe kom as ons ‘n CPAP masjien by die huis het. Ons is dankbaar dat daar weldoeners is wat ons gehelp het om die masjien te kon aanskaf,” vertel Krystle.

Kegan moet egter hierdie week nog in die hospitaal bly vir toetse en waarneming en sy ouers se fondse is uitgeput. Hulle kan nie meer byhou met al die geldelike uitgawes nie.

“Ons is gelukkig om in die tyd by vriende in Alberton te bly om nader aan Kegan te wees. Die petroluitgawes is steeds hoog en my man moes van die werk afvat om my daagliks hospitaal toe en terug te neem, omdat ek nie ‘n lisensie het nie,” verduidelik Krystle.

Hulle het om die rede ‘n BackaBuddy-fonds vir hom gestig en sal enige ondersteuning opreg waardeer.

Klik op logo om na die BackaBuddy blad te gaan.

Kegan het skildklierprobleme en sal ook moet gewig verloor om sy asemhaling beter te maak.

‘n Mediese kussing sodat hy meer regop kan slaap is ook ‘n noodsaaklikheid.

Krystle bedank almal wat hulle geldelik en emosioneel ondersteun het. In besonder vir Sandy van Cupcakes of Hope wat ‘n rolstoel-vriendelike motor aan hul geleen het om Kegan te vervoer.

* Indien daar enigiemand is wat die gesin wil ondersteun of Kegan se lewe so bietjie wil ophelder met enige skenkings kan Krystle direk by 065 301 3108 gekontak word.

Kegan en stiefpa Anton Claassen in gesonder, gelukkiger tye.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button