Local newsNewsNews

Beste raad: So red jy ‘n beseerde voël

VANDERBIJLPARK - Die meeste mense beland een of ander tyd in hul lewens in dié situasie. 'n Beseerde voëltjie kom oor jou weg en die meeste mense weet dan nie wat om te doen nie. Hier is die beste raad.

Dit is was onlangs met Chanté Reynecke van die dorp gebeur het.

Sy het ‘n beseerde voëltjie (sy het vermoed dat dit ‘n Europese Swael is, maar dit is later vasgestel dat dit ‘n Swift is) in haar tuin opgetel.

Die Swift in die palm van Chanté se hand.

Sy het nie geweet wat om te doen nie, en raad gevra op Vaalweekblad se Facebookblad.

“Die voëltjie vlieg of eet nie, slaap net en hop so nou en dan rond. Kan iemand help? Of weet iemand van ‘n plek waar ons heen kan gaan met die voëltjie?” het sy gevra.

Daar het natuurlik raad van oral ingestroom.

Verskeie mense het aangeraai sy moet die voëltjie na Monica van Aswegen in Vaalpark neem.

Chanté het egter vervoerprobleme gehad en besluit om self die Swift te versorg.

Die goeie nuus is dat die Swift verlede Dinsdagoggend sterk genoeg was om weer weg te kon vlieg.

Hier is die beste raad:

Voor jy ‘n beseerde voël probeer kos of water gee, word mense aangeraai om eers met ‘n gelisensieerde wild rehabilitasie sentrum te skakel vir raad.

Die belangrikste wat mense kan doen is om ‘n beseerde voël warm en gemaklik te hou en so gou moontlik aan die rehabilitasiesentrum te besorg.

In die Vaal kan Vaughan van die SA Wildlife Rehabilitation Centre by 082 458 6431 gekontak word.

Daar is ook twee ander opsies vir plaaslike inwoners. In die Vanderbijlpark/Sasolburg area kan Monica van Aswegen by 071 160 2207 gekontak word. Sy woon in Vaalpark en word geloof en geprys vir haar slag met beseerde voëls.

Inwoners van Vereeniging/Meyerton area word aangeraai om beseerde/of baba voëltjies na Three Rivers Vet te neem, wat op hul beurt nou saamwerk met Christelle wat ook bekend is vir haar reddingswerk met voëls.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button