Local newsNewsNews

Agt A’s vir Valia se Zené

Sy borrel en bruis oor die volgende hoofstuk in haar lewe

VANDERBIJLPARK – ‘n Idilliese einde na 12 lang jare se bloedsweet agter die skoolbanke. Met agt onderskeidings kan die jong matrikulant Zené Havenga van die HS Transvalia nie vir ‘n beter einde gevra het nie.

Die jong slimkop het tydens die pasafgelope matriekeindeksamen van 2024 onderskeidings in Afrikaans, Engels (FAL), wiskunde, lewensoriëntering, fisiese wetenskap, lewenswetenskap, inligtingstegnologie en rekeningkunde behaal. Sy gaan vanjaar medies aan die Universiteit van Pretoria studeer.

Sy is immers klinies met als wat sy aandurf. So ook met haar aanslag tot haar skoolwerk. “Dis maar ‘n mengsel van verskeie metodes. Dit hang ook af van watse vak dit is. Ek gebruik meestal die “effectuate” metode om hardop die werk vir myself te redeneer.

Ek het in graad sewe reeds geweet dat ek medies wil gaan studeer. Dit voel nogsteeds onwerklik dat ek dit gaan doen,” borrel en bruis sy. Sy het veral ‘n voorliefde en aanvoeling vir syfers.

“My gunsteling vak is wiskunde want dit kom neer op redeneer logies en pas basiese beginsels toe om gevorderde probleme op te los. Ek hou ook van fisiese wetenskap, dis letterlik wiskunde met teorie sprinkels bo op die koek,” vertel sy.

Die oudste spruit van JB en Landi Havenga is ook nie net ‘n boekwurm nie, sy spog boonop met Suid-Afrikaanse Kleure in karate.

Hoewel niemand weet wat die toekoms inhou nie, is daar ‘n goeie aanduiding dat Zené slaggereed is om die volgende tree te gee.

“Ek is bly skool is verby en kan nie wag om universiteit toe te gaan nie. Ek kan nie wag om nuwe mense te ontmoet en vriende te maak in ‘n nuwe omgewing nie. Asook die onafhanklikheid wat daarmee saamkom.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button