Local newsNews

Luna – Perdfris Prins van die plaaswerf

In November 2022 was Luna net vel en been, kyk net wat het hope aandag, liefde en deursettingsvermoë vermag.

VEREENIGING – Net ‘n bietjie meer as twee jaar gelede het Yvette Wilde vir Luna na die Be Our Guest Retirement Yard gebring.

Die wit perd was toe 20 jaar oud en volgens Yvette maar net ‘n geraamte, met sy kop wat amper op die grond hang. Sy hare was gekoek. Hy het gelyk asof hy opgegee het op die lewe.

Luna in November 2022

Dis moeilik om die majestueuse Luna van vandag te herken in die foto’s van November 2022. Met baie liefde, versorging en hope geduld het Yvette en haar span hom weer spekvet en gesond gekry.

Vallon Luna is ‘n SP Percheron hings wat twee jaar gelede maar 398kg geweeg het. Totaal ondervoed vir sy ras. Na maande se versorging en sewe ligte maaltye per dag het Luna 298kg opgetel en is hy fiks en gesond.

Yvette sê Luna se verhaal dien nie net as testament van veerkragtigheid en die krag van omgee nie, sy transformasie het ook ‘n impak op haar lewe gehad.

Yvette en Luna in Mei 2023. Luna was op daardie stadium steeds te maer, maar was al 100% beter. Foto: Gerda Bruinette

“Ek sal altyd dankbaar wees teenoor Shimone Mann. Sy het die eerste paar maande al Luna se kos- en veeartsrekeninge betaal en dit was baie. Sonder Ashley Ness van die Highveld Horse Care Unit se raad en ondersteuning sou ons ook nooit vir Luna in so ‘n goeie kondisie kon kry nie.”

Luna is nou 22 en al is hy groot het hy ‘n sagmoedige geaardheid en kom hy goed oor die weg met al die ander diere by Be Our Guest Retirement Yard.

Elkeen van die donkies, honde, bokke, hoenders, ganse en perde is, net soos Luna, êrens langs die pad gered.

Luna – die onbetwiste prins van die plaaswerf.

Soos Luna gaan hul nêrens nie, want hier word daar lekker bederf en voluit geleef, en Luna is die onbestrede prins van die plaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button