Local newsNewsNews

Dit was ‘n ekstralekker huissport dag

Laerskool D.F Malherbe vier hul 60ste bestaansjaar en het dit afgeskop met 'n geestige huissportdag.

VANDERBIJLPARK – Laerskool D.F. Malherbe het hul 60ste bestaansjaar op ‘n baldadige noot afgeskop.

Die jonge dames lyk asof hulle in gelid hardloop. Lize-Mari Kotze (geel), Megan Melatiou (rooi) en Miané Roets (wit).

Die jaar se huissport is laas Vrydag gehou. Die wit, rooi en geel spanne het mekaar op die veld en op die pawiljoene die stryd aangesê.

Twee juffrouens op spoed. Georgia Greeff en Marli Badenhorst snel eindstreep toe.

Die geel span het uiteindelik die oorhand gehad met die baan en veld items, maar dit was die wit span wat die Geesbeker ingepalm het.

Die magtige dreuning van luidkeelse aanmoediging kon van vroegdag in die omgewing gehoor word.

Nolan Gouws van die wit span het so ‘n paar passies op pad na die eindstreep uitgehaal.

Die leerders het dit veral geniet toe van hul onderwysers teen mekaar meegeding het.

Dis nou wat jy noem ‘n behoorlike high five! Twee juffrouens op spoed. Georgia Greeff en M

Skoolhoof Willem Botha, wat die naweek ook sy verjaarsdag gevier het, het gesê dit was ‘n uitmuntende begin vir die skool se groot herdenkingsjaar wat beloof om baie kleurvol te wees. Die tema van die jaar is nie verniet, saam kleur ons die wêreld in, nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button