Local newsNewsNews

Vele ou motors kuier langs Vaalrivier

Daar is lekker gekuier en spogmotors besigtig langs die Vaalrivier. Lees meer...

VANDERBIJLPARK – Elke jaar skop die South African Motor Club Association, met die MG Car Klub as gasheer, hul jaar af met ‘n breakfast run.

Die 1948 Citroën is in uitstekende kondisie en het die aandag van Louis Pienaar van Sasolburg getrek.

Sondag was dit weer sulke tyd. Om 09:00 het ‘n groot verskeidenheid motors by die Blokhuis op die R59 bymekaar gekom vanwaar hulle in ‘n stoet tot by Stonehaven On Vaal gery het.

Koos van Wyngaard met klein Buddy in sy arms en Jakkie Grobbelaar het veral bewondering vir die ouer motors gehad. Foto’s: Gerda Bruinette

Terwyl die eienaars hul afskop ontbyt geniet het, het hulle motors die aandag van vele besoekers getrek. Daar is om elke motor geloop en van die Bentley tot by die silwer Alfa Romeo is van ver af bewonder. Elke motor het in die son geblink.

Die 1953 Jaguar C-klas het die oog gevang.

“Neem dié kant af. My Alfa is gister blink gevryf, maar hy staan onder ‘n boom. Die voëls, jy weet…” het Juante Frickel beduie voor hy vir die kamera geglimlag het.

Die eienaar van ‘n 1953 Jaguar C-klas het self agter die stuurwiel ingeskuif vir die foto. Die spogmotor is in puik kondisie, maar is bietjie laag om gemaklik uit te klim.

Gelukkig was haar seun naby om sy ma weer uit te help, en dit sonder om sy koeldrank of sy broer sin te mors wat hy in sy een hand vasgehou het.

Braam Jacobs van Vanderbijlpark is trots op sy 1963 Cortina. Hy het die motor self gerestoureer en Sondag was die eerste keer wat die Cortina weer gery het.

Jacques Steyn, hooforganiseerder van die dag, sê motors het van so ver as Pretoria en Parys gekom om deel van die breakfast run te wees.

“Ek dink hier is sowat 10 motorklubs se lede hier vandag en ek skat so 150 mense. Dis baie lekker en ‘n groot sukses.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button