Local newsNewsNews

Egpaar in nood na slangbyt

Die Kaapse Kobra is van die giftigste slange in Afrika. Jan du Toit kan hiervan getuig nadat hy by die dood omgedraai het.

VREDEFORT – “Ek gaan hier vra wat ek nooit sou doen as ek nie desperaat was nie. Ek en my man het die gemeenskap se ondersteuning nodig.”

Annelle du Toit het dié desperate boodskap die afgelope week op Vaalweekblad se Facebook geplaas.

Haar man, Jan du Toit, is ‘n ‘n gewapende reaksie beampte van Vredefort wat gedurende Desember in die Mokwallo-woonbuurt buite die dorp aan sy pinkie deur ‘n Kaapse Kobra gebyt is toe hy op ‘n alarm gereageer het.

Jan du Toit van Vredefort het by die dood omgedraai toe hy in Desember deur ‘n Kaapse Kobra gebyt is.

Die Kaapse Kobra is van die giftigste slange in Afrika, en Jan moes met ‘n noodhelikopter na Netcare Alberton gevlieg word vir ‘n teenmiddelbehandeling.

“Ongelukkig het ‘n paar dinge verkeerd geloop voordat hy daar gekom het en sy hart en ander organe het ‘n groot knou gekry,” vertel Annelle. In kort, Jan het by die dood omgedraai.

“Die volgende oggend is ek na Alberton geneem sodat ek naby hom kon wees en ek het in ‘n redelik goedkoop gastehuis gebly, maar sonder vervoer moes ek Uber na die hospitaal toe en terug.

“Al die ekstra uitgawes het ons spaargeld opgevreet en ek moes geld leen om daar te kan bly,” vertel Annelle.

Sy wou by hom bly totdat hy uit gevaar en ontslaan is.

Die slanbyt het Jan dut Toit en sy vrou Annelle ook finansiëel groot skade berokken. Klik op die foto om hul Facebook te besoek.

“Ek wil dus graag vra of daar iemand is wat met donasies kan help sodat hy die regte kos kan kry, want hy moet ‘n spesiale dieet volg om sy immuunstelsel te herbou. Ons kan dit egter nie bekostig nie.”

Hul brandstofuitgawes is ook hoog want Jan moet steeds opvolg behandeling kry by Netcare Alberton.

Die slanggif het ook sy spiere aangetas en Jan sal fisioterapie in Potchefstroom moet kry. Hy sal vir ten minste nog ‘n maand nie kan werk nie.

“Enige bydrae, hoe klein ook sal so waardeer word,” sê Annelle.

Indien daar mense is wat hulle kan ondersteun of direk met Annelle wil kontak maak kan sy by 071 378 1038 gekontak word.

Direkte inbetalings:
Tymebank
Current acc
A M Retief
51045509205

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button