Ons weet wat ons weet
Die laerskole se huissport byeenkomste is agter die rug. Wat dink Laerskool Emfulenipark se juniors is huissport?
Luan van Schalkwyk Dis sport wat jy by die huis doen soos tennis of krieket. Ek speel krieket.

Miané Strauss Dis wanneer mens sport in die huis doen. My ma gaan nie daarvan hou nie.

Livia Stidworthy Ek weet nie wat is huissport nie. Ons het Vrydag gehardloop. Dit was nie ver nie. Ek was eerste.

Armin Pietersen Ek weet nie. Ek hou van sport. Ek gaan die jaar krieket, rugby, gholf en tennis speel.

Renée Hattingh Dis soos ‘n bord wat by die huis is en dan probeer jy goed in die gaatjies kry. Ons het een by my ouma gekry. Ek gaan klavier leer en is in die Voortrekkers. Ek kan baie goeie knope maak.

Sophia van Eeden Huissport is ietsie wat net jou skool doen. Ons het dit Vrydag gehad. Ek het aan die 60m deelgeneem, maar was te naar vir die 80m, want ek het vergeet om water te drink.

