Local newsNewsNews

‘n Voertuig voor en radio beheer daar agter

Dit was laat gaan slaap en vroeg opstaan vir die lede van die Sasolburg Amateur Radioklub en HAMNET, maar hul harde werk by die 2025 Midvaal Fast One word waardeer.

MIDVAAL – Dink aan die Midvaal Fast One en jy dink dadelik aan honderde fietsryers wat die langpad vat. Daar is egter ook die organiseerders, die vrywilligers en die nooddienste wat almal ‘n taak of ses het vir die dag.

Martie Rheeder en Gideon ZS4GJA reik radio’s uit aan die hoof van karwagte in die middel

Wie hou al die mense in verbinding met mekaar? Dit was Sondag weereens die manne en vroue van Sasolburg Amateur Radioklub en HAMNET wat gesorg het dat alle wedrenvoertuie op die rekenaar gevolg kon word.

Hulle het ook vrywilligers by die waterpunte gehad wat in radioverbinding was by die radioklub se tydelike operasionele sentrum.

“Ons weet ten alle tye waar is elkeen op die pad en kan dadelik hulp verleen. Dit gee gemoedsrus vir die fietsryers en die organiseerders.

Jaco ZS6JCO hanteer die tracking op die rekenaar terwyl die fietsren aan die gang is.

“Hierdie jaar het ons ook die voorste voertuig verskaf, jy weet die een wat voor die eerste ryers in die 100km uitgery het. Ons beskou fietswedrenne en marathons as oefensessies sou daar êrens ‘n ramp plaasvind,” het Gideon Jannasch gesê.

“Sondag het ons weer gesorg dat die naaste ambulans en noodvoertuig ingelig word oor presies waar ‘n fietsryer in nood hom of haar bevind. ‘n Vorige keer moes ons selfs die helikopter uitkry vir ‘n fietsryer wat skedelbreuk opgedoen het.”

Sasolburg Amateur Radioklub vier hierdie jaar hul 60ste bestaansjaar en is deel van SA Radio Liga wat hierdie jaar hul eeufees herdenking het.

“Elke radio amateur moet ‘n lisensie hê voordat jy mag deelneem aan aktiwiteite of operasies. Baie mense doen selfstudie, maar ons bied ook klasse aan vir voornemende operateurs. Eksamens vind gewoonlik in Mei en Oktober plaas,” vertel Gideon.

Die span bied hul dienste gratis aan en maak meeste van die tyd gebruik van hul eie toerusting. ‘n Groot dag soos die Midvaal Fast One hou hulle ten minste twee vol dae besig. Die eerste om al die noodvoertuie toe te rus en dan die voltydse diens tydens die wedren.

Tog geniet die manne en vroue hul unieke, diverse stokperdjie en staan hulle altyd gereed om in enige noodoperasie die nodige ondersteuning deur radiokommunikasie te bied.

Vir meer inligting oor die klasse om ‘n amateurradio lisensie te bekom, kontak vir Gideon by 072 601 0058.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button