Local newsNewsNews
Gruwelike ongeluk eis bejaarde (85)
VANDERBIJLPARK - Geliefde inwoner oom Jac Redelinghuis (85) is laat Sondagmiddag in 'n ongeluk op die hoek van Vaal Drive en Hallystraat oorlede. (Vaal Drive is die pad na Sylviavale Heritage Village en Ocumed).

Oom Jac was oppad na ‘n kleinhoewe om sy ganse en hoeders te voer.
Na wat verneem word het ‘n vragmotorbestuurder teen ‘n spoed hoër as die spoedgrens op die pad, om die draai beheer verloor en oom Jac skuins van voor getref.
Die vragmotor het om oom Jac se Chevy Spark ver in die veld in gestoot.
Oom Jac was die enigste insittende in sy voertuig (geen honde of troeteldiere nie).
* Vaalweekblad se innige simpatie aan die Oom Jac se geliefdes.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
