Local newsNewsNews

Klagtes oor besmette Leeuspruit in Sasolburg stroom in

SASOLBURG - Inwoners van die dorp is reeds sedert verlede jaar bekommerd oor riool wat vir maande in die Leeuspruit loop.

Die inwoners van die buurt het reeds in September 2023 vir die eerste keer oor die probleem die stadsraad en verskillende raadslede klagtes gelê, maar met geen terugvoer of resultate.

Mev. Ina van der Vaart het toe besluit om dit onder die aandag van die Vaalweekblad te bring.

Sy het foto’s geneem as bewys van die rou riool wat langs hul woonbuurt uitborrel en in die Leeuspruit inloop.

Ina van der Vaart van Sasolburg het die foto ingestuur van die riool wat opdam in ‘n veld voordat dit in die Leeuspruit beland.

“Die stank is onuithoudbaar en skep ‘n gesondheidsgevaar vir ons as inwoners,” sê Ina.

Die spruit loop in die Vaalrivier wat beteken dat alle inwoners langs die rivier, asook diegene wat beplan om die somer op die rivier te baljaar, ook aan die besmette water blootgestel word.

“Daar was intussen gewerk aan probleem wat definitief nie permanent herstel is nie, want sedert Desember 2024 is die probleem terug,” het Ina die week laat weet.

Die probleem is weer aan die munisipaliteit aangemeld, sowel as die DA raadslid in die gebied.

“Tot op hede is daar niks gedoen nie,” sê Ina.

Dit is inderdaad ‘n groot probleem vir al die inwoners. Richard Douglas van Siegfried Kuschkestraat het die situasie beaam.

“Die riool loop oor in die veld wat dan in die spruit loop en van daar af Vaalrivier toe. Die saak is al telkemale by die munisipaliteit gerappotreer, maar net niks word gedoen nie. Dit ‘n gesondheids risiko,” beklemtoon Richard.

Nog inwoners het oor dieselfde probleem by Vaalweekblad kom aanklop.

DA se terugvoer

Die DA het by monde van Raadslid Jacques Barnard op navraag van Vaalweekblad/Ster Suid op die kwessie reageer.
Volgens Barnard het hy verlede week deurlopend kontak met die siviele ingenieur van die munisipaliteit gehad en dat ‘n graafmasjien op 31 Januarie ingespan sou word om die pyp wat glo meer as 4m onder grond is, oop te grawe.

Raadslid Frans van der Merwe het dit ook weer aan nooddienste en die munisipale bestuurder rapporteer.

“As ‘n pyp wat so diep is mee gee is daar baie sand en klip wat dan afspoel en die hele lyn blok.

Mense moet in ag neem dat ons as DA raadslede net kan rapporteer en druk toepas.

“Die munisipaliteit word deur die ANC en EFF-koalisie regeer. Die spanne het nie eens bakkies om aandag te gee aan daaglikse probleme nie.

“Die dienslewering in die dorp is op die laagste punt ooit. Ons as DA pas druk toe om die situasie so gou moontlik op te los,” het Barnard verseker.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button