Local newsNews
Almal is deel van hierdie kleurvolle boom
Laerskool D.F Malherbe in Vanderbijlpark word hierdie jaar 60. Hul tema is saam kleur ons die wêreld in en dis presies wat hul teen een van die skool se binnemure gedoen het. Lees meer.
VANDERBIJLPARK – Teen een van die Laerskool D.F. Malherbe se mure pryk ‘n besonderse kleurvolle boom.
Die muurskildery is gedoen deur Wilinda’s Art Studio. Kyk van naderby en jy besef die kleurvolle kolletjies is vingerafdrukke.
Elke leerder, personeellid, algemene assistente en werkers se vingerafdrukke is vasgevang.

In die middel is daar ‘n uitbeelding van ‘n voëltjie. Sy vlerkies is twee hande. Die afdrukke van skoolhoof Willem Botha.
Die kreatiewe projek het deur die leiers en hul ma’s tot stand gekom en het uiteindelik op 23 en 24 Januarie vorm aangeneem.
Die muurskildery vorm deel van die skool se tema vir 2025: Saam kleur ons die wêreld in.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
