Local newsNews

Debuutvertoning vir Afri-Indie Toekennings wenner

Een van die Vaaldriehoek se opkomende sangsterre het Vrydagaand sy eerste vertoning waar hy van sy eie musiek gaan sing. Lees meer...

VANDERBIJLPARK – Inspirasie Veelvoud se Nico van Vuuren het verlede jaar twee gesogte Afri-Indie Toekennings ontvang vir sy lied, Witborskraai.

In 2023 het hy die toekenning vir Beste Afrikaanse Liedjieskrywer vir sy enkelsnit, Woorde in my dagboek verower.

Witborskraai kan gereeld oor die radio gehoor word. Tot dusver moes Nico se aanhangers tevrede wees om na hom op die sosiale musiek toeps te luister.

Hy verkies om net sy eie liedjies te sing en het uiteindelik besluit om ʼn lewendige vertoning te gee.

Sy debuutvertoning vind Vrydagaand, 7 Februarie by Cock & Bull Heritage Pub te 14 Vaal Drive, Vanderbijlpark plaas.

Die vertoning begin om 20:00. Toegang is gratis.

“Ek gaan al my bekende liedjies, soos Witborskraai, sing maar het ook nuwe liedjies waarmee ek gaan verras,” sê Nico.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button